Toerisme Studiegids & Studiemateriaal

Vergemaklik en verlekker leer en onderrig

Volkleur Studiegidse vir Graad 10 - 12

Benut die geleentheid om 'n aanlyn bestelling te plaas vir die gebruik in 2021. Die volkleur studiegidse dek die hele jaar se werkkaarte, klastoetse en huiswerkoefeninge. Die volle Toerisme-pakket is beskikbaar om vir die onderwysers minimale voorbereiding te verseker: alle PowerPoint skyfies, huiswerkopdragte formele- en informele assessering is beskikbaar.

Verwys gerus na die onderwysersblad vir die skakel vir aanlyn getalopname sowel as die bestelvorms waar u enkele lestemas elektronies kan bestel. (Kyk gerus die video van die uitleg en samestelling van die boek wat vir bekendstelling van die boek gebruik is, deur op die "PLAY" knoppie op hierdie skerm te druk)

Die gebruik van die studiegids gaan jou die volgende bied:
  • Volkleur werkkaarte van alle temas soos in die CAPS uiteengesit vir die hele jaar. (+- 250 bladsye per boek). 
  • Indien jy belangstel om hierdie boeke in u klas te gebruik - voltooi die aanlyn bestellingsvorm deur van die volgende skakel gebruik te maak: Finale Bestelling Toerisme Studiegidse Graad 10 -12 hierdie vorm moet voor 3 Augustus 2021 voltooi word om te verseker dat jou skool Studiegidse sal ontvang. 
  • Geen meer beplanning of die beslommernis van afskrifte maak vir leerders nie . 
  • Alle huiswerkoefeninge en plek vir klastoetse is op één plek: die studiegids!
  • Beter tydsbenutting tydens die lesperiode, want leerders hoef nie werkkaarte te knip en te plak of onnodige skryfwerk af te handel nie . 
  • Gebruik van my aanlynlesse regdeur die jaar. Die leerders het die werkkaarte wat saam met die skyfies gebruik kan word wat op YouTube beskikbaar is . Dit sal ook afstandsonderrig ondersteun (veral in die onsekere tye waarin ons onsself bevind) aangesien die leerder alreeds alle werkkaarte in 'n harde kopie het en dit dus net kan voltooi tesame met 'n verduideliking / video / deur die handboek te gebruik.
  • 'n Volle reeks moderne en visueel stimulerende skyfievertonings (PowerPoints) is beskikbaar om te gebruik saam met die boek.
  • Leertegnieke word ook verduidelik om leerders te help wat sukkel om te leer. 
Sluit aan by die Facebook Page deur van die volgende skakel gebruik te maak om op hoogte te bly met al die gratis en bestelbare materiaal wat beskikbaar is. Toerisme Studiegidse en Studiemateriaal Facebook blad
Onderwysers image

Alle werkkaarte is vanuit die gepubliseerde materiaal wat beskikbaar is vanaf 2021.  Onderwysers is welkom om hierdie werkkaarte in hul klasse te gebruik en vir hul leerders kopieë te maak. Dit sal deur die jaar verander soos wat relevante werkkaarte opgelaai word vir daardie kwartaal se gebruik. 


Graad 10 

WERKKAART - TGCSA (GRADERINGSRAAD VAN SA.pdf

10.2.2 WERKKAART - INTERAKTIEWE KAARTE.pdf

10.2.4 WERKKAART - KAARTTERMINOLOGIE EN SIMBOLE.pdf

WERKKAART - LUUKSE PRIVAAT WILDTUINE.pdf


Graad 11 

11.2 Werkkaart - Venda Kultuur in Limpopo.pdf

5. BUITELANDSE VALUTA OPSOMMING EN OEFENING.pdf

1. SAOG INLEIDING WERKKAART.pdf


Graad 12 

12.2 Egipte opsomming.pdf

1. BUITELANDSE VALUTA OPSOMMINGS.pdf

3. WERKKAART PROFESSIONELE BEELD.pdf

IKONE WERKKAART - BRAZIL.pdf

8. WERKKAART - VERANTWOORDELIKE TOERISME.pdf




 Die hulpmiddels is ongelooflik lekker om te gebruik. Die leerders in die klas hou baie daarvan. Ek is absoluut mal daaroor. Dit verduidelik lekkerder as om net die handboek te gebruik en die kinders verstaan makliker. Dit wakker hulle passie aan - wat wonderlik is. 

Ju-Mari Gloy Meyer
Toerisme-onderwyseres

 Baie dankie vir al julle hulp. Julle diens is uitstekend. 

Annalien Bushby
Ouer van Graad 11-Toerisme leerder

 Besonderse goeie werk en baie behulpsaam. Regtig baie dankie vir die bronne. Dit gaan my Afrikaans kinders ongelooflik baie help. Hul gaan dit geniet. Nou het ek ietsie vir hulle ook en nie net als in Engels nie. Dit gaan ongelooflik nuttig wees. Baie dankie! 

Li Bondesio
Toerisme-onderwyseres

Nuttige dokumente vir meer inligting rakende die gebruik van die studiegidse en alle moontlike skakels tot studiemateriaal.



Opsommende dokument met alle nodige skakels vir YouTube lesse en die ontvangs van die studiemateriaal:

0. YOUTUBE LESSE EN INFO.docx


Maak seker om 'n bestelvorm voor 3 Augustus in te dien deur die volgende skakel te gebruik: 

Finale Bestelling Toerisme Studiegidse Graad 10 - 12


Vrae en Antwoorde oor die bestellingsproses. 

Antwoorde op vrae wat gereeld gevra word rondom die bestelling van die Toerisme Studiegids.pdf


Agtergrond en Rasionaal: Kan gebruik word vir voorlegging aan bestuur van skool.

Agtergrond en rasionaal Mei 2020.pdf



I BUILT MY SITE FOR FREE USING